Tans ‘n 23-jarige onderwyseres by L/S Elarduspark in Pta.

Sing alle genre’s van gospel tot pop/rock in Afrikaans en Engels.

Grootste Prestasie:

Landswye algehele wenner van Radio Kansel Tehila-kompetisie 2010.

Hoofkunstenaar tydens lewendige radio uitsending van Radio Kansel se Hemelvaartdiens 2011.

Sluit platekontrak in 2015 met Cool Music Productions en is tans besig met opname van album.

Backing vocals vir kunstenaars se CD’s:

Du Preez Stoltz, Vera-Marie, Jan de Wet, Nicholas Louw, Burgert en Zita, Protrax en Tobie Jooste se nuutste cd.

Sing 3 solosnitte op Alles Afrikaans CD – projek van Christiaan Kritzinger en Electromode.

Televisie-onderhoude:

28 Maart 2011 - “Heartbeat” Kanaal 8;

KykNet Aktueel – Flits 18 Junie 2015 (Bouwer Bosch en DinsdagDeuntjie)

Oorspronklike liedjies:

Sneeu in Johannesburg (Waldo Greeff); Maskers, Klippies, Net-net te laat (Chrisna en Carlé van Deventer se komposisies).

Steyn Fourie skryf vir haar die liedjie: “Dis net Hy”, wat sy saam met Ghapi en orkes opneem vir CD “Unlimited”.

Optredes: Toyota Marketing day, Liedjieboer, Middelburg wildsfees, Tonteldoosfees, Oppiplaasfees 2011 (saam met kunstenaars soos Charlize Berg, Manie Jackson, Ray Dylan, Jakkie Louw, Nicholas Louw), Damesoggende, News Café Moreletapark, Kerkdienste en CANSA.

Saam met Willem Botha en Dewald Wasserfall by Atterbury Teater (2013).

Duet saam met Pieter Smith (2 liedjies) vir sy Albert Hammond-vertoning. Tree ook op as voorprogram vir Pieter Smith show (2012).

Hoofkunstenaar - Irene Village Mall se heropening (2012) van die Piazza.

Hoofkunstenaar (damesoggend) - met spreker, Alette Winckler.

Tree saam met akteur en spreker Hykie Berg op tydens ‘n fondsinsameling.

By Innibosfees 2012 en 2013 by die Klipdrift-, Huletts- en KMIA verhoë.

Agtergrondsangeres vir:

Kevin Leo se Gé-tribute vertonings by Atterbury teater.

Vir Bobby van Jaarsveld se vertonings (reeds 12 keer saam met hom opgetree) – ook tydens Innibos 2014 en 2015: KykNet en Huisgenoot-shows op die hoofverhoog (Standardbankverhoog).

 

Wat haar sang betref weet sy dat dit ‘n gawe is wat Onse Hemelse Vader vir haar gegee het en dat dit in Sy Hande is wat haar planne vorentoe gaan wees.  





Back Back to top